Trops op Sukses

René se BrainRx Storie

Na 'n paar weke van BrainRx training het my rapport baie verbeter. My selfvertroue is beter, almal sê ek praat meer en ek kan luister wat maatjies sê terwyl 'n onderwyser verduidelik, én dit inneem!

 

Ek het 'n boek gelees - en ek haat lees...  Ek verstaan wat ek deesdae lees en kan onthou wat ek gelees en wat gebeur het.

Hierdie brein-kursus was die 14 weke werd!  Al die high-five's wat ek met die persoonlike opleiding gekry het en al die "brains" wat ek in die digitale gedeelte gekry het, het my gemotiveer om beter te doen.

 

As ek iets reggekry het of 'n vlak opgeskuif het, het ek my doel bereik.

 

Ek wens ek kon vir ander mense dieselfde geleentheid gee as wat ek gehad het om BrainRx te kon doen!

 

René - 17-jarige BrainRx Pretoria East and Centurion student.

Gepubliseer met toestemming van René en haar ouers.

BrainAbility Cognitive Testing and Training Centres

Better Brain. Better Life. Better Future.

(012) 345 1541  |  info@brainability.co.za  |  www.brainability.co.za

Click here for a copy of our site usage Privacy Policy.