Trops op Sukses

Henro en Luan se BrainRx Storie

Gevolglik het hy ook swakker begin presteer as Henro, wat weer daartoe gelei het dat hy eendag vir my kom vra het: "Mamma, hoekom doen Henro dan soveel beter as ek op skool, en ek leer nét so hard en dalk nog meer as hy by die huis?"

 

In my hart het ek die antwoord geken, Luan fokus nie op dit wat hy leer nie en by die skool is sy gedagtes by alles wat hy wil maak as die skoolklok lui.

Ek het die tweetjies laat assesseer by BrainRx en nadat hulle al die stappe van die kursus aan ons verduidelik het, het ons besluit dit is net wat ons die twee moet laat doen. Nie net het ons gevoel dat dit vir Luan sal help nie, maar ook dat ons vir Henro daardeur nog meer van 'n voordeel kan gee.

Ons het die BrainRx kursus aangepak en wat 'n reis was dit nie! Ek wil dit amper ook 'n avontuur noem. Deur die hele kursus kon ek sien hoe my twee manne begin vorder, nie net akademies nie, maar ook wat hulle selfbeeld en deursettingsvermoë betref.

Ons het in die middel van die tweede kwartaal in 2016 begin met BrainRx en reeds teen die einde van daardie kwartaal was daar al 'n merkbare verskil.
Die grootste verskil het ons teen die einde van die vierde kwartaal gesien. Luan se punte het in sommige vakke met soveel as 15% verbeter, en in sommige vakke het hy tot vir Henro, wat altyd beter presteer het, geklop!
Wat 'n wonderlike bonus is, is dat hulle dit nie meer sien as kompetisie met mekaar nie, maar dat elkeen presteer in sy eie reg.

Selfs op sportgebied - hulle is altwee swemmers wat mekaar goed kompetisie gee, maar selfs dit gaan ook nie meer soseer oor die "eie ek" nie, maar eerder oor dit wat hulle elkeen kan bereik.

Dit is nou al amper twee jaar terug dat ons kennis gemaak het met Dalena van BrainRx, en dit is met groot dankbaarheid dat ek kan terugkyk en net dankie sê.

Die eksamen is reeds weer op ons en dis so lekker om te sien dat daar geen vrees meer is vir eksamen nie, want my kind sê  "Mamma, die werk is maklik want ek het opgelet in die klas en ek onthou alles, tannie Dalena het my geleer hoe." - en dit is wat my hart so bly maak.

Ek kan met groot dankbaarheid in my hart BrainRx aanbeveel vir énige een...dink soms ek het dit ook nodig om als in my kop te kan orden!


Getuigskrif vanaf Lucille - Ma van Luan en Henro, BrainRx  Pretoria East & Centurion studente.
Gepubliseer met Lucille se toestemming.

BrainAbility Cognitive Testing and Training Centres

Better Brain. Better Life. Better Future.

(012) 345 1541  |  info@brainability.co.za  |  www.brainability.co.za

Click here for a copy of our site usage Privacy Policy.