Trops op Sukses

André se BrainRx Storie

 

Geen probleem, ons begin arbeidsterapie. Maar 'n jaar en 'n half later vorder hy nie net stadig nie, maar sê sy juffrou ons moet hom moontlik terughou in Graad R.

Ons het hom juis van die Kleuterskool na die Laerskool Graad R geskuif sodat hy kan maats maak - nou moontlik teruggehou?

 

Ons het op daardie stadium al van BrainRx gehoor, maar het dit nie heeltemal verstaan nie. Ek het eintlik gedink dat ons ons dogter ('n absolute akademikus) in Graad 3 sal stuur ter voorbereiding vir Graad 4.

 

In elk geval het ons min tyd voor die einde van die jaar, Neuroloë is vol – so, ons probeer BrainRx. 

Nou moet ek bysê, ons gelukkige 'smiley' seuntjie het hierdie jaar heeltemal teruggetrek in sy dop en het huilerig begin word. So party BrainRx sessies was baie emosioneel. 

 

Junie skoolvakansie kom help my ma en my sussie om André deur die vakansie meer gereeld by BrainRx te kry.

 

Twee dae in die nuwe kwartaal in, sê die Juffrou vir my dat sy nie te gou opgewonde wil raak nie, maar nie net maak André sy werkies klaar nie, hy werk baie vinnig! 

 

Ons is nie halfpad met die BrainRx program nie, en ons seuntjie lag weer, hy’t meer selfvertroue en hy werk so hard.

 

Aan almal by BrainRx - die geduld en liefde met ons kind word meer waardeer as wat ons kan beskryf. 

 

Dankie! 

 

Johan en Estee - Ouers van André.

Gepubliseer met toestemming van Johan en Estee.

André is 'n BrainRx Pretoria East and Centurion student.

BrainAbility Cognitive Testing and Training Centres

Better Brain. Better Life. Better Future.

(012) 345 1541  |  info@brainability.co.za  |  www.brainability.co.za

Click here for a copy of our site usage Privacy Policy.